Kompos

Kompos

Kompos is organiese materiaal wat ontbind het  en herwin is as 'n kunsmis en byvoeging vir grond. Kompos is 'n belangrike bestanddeel in organiese boerdery.

Op die eenvoudigste vlak behels die proses om kompos te maak die benatting van 'n hoop organiese materiaal bekend as groen afval (blare, voedsel oorskiet) en om te wag vir die materiaal om af te breek in humus oor 'n tydperk van weke of maande. Moderne, metodiese komposmakery is 'n multi-stap proses met afgemete bydraes van water, lug, koolstof – en stikstofryke materiaal wat noukeurig gemonitor word. Die ontbindingsproses word aangehelp deur die plantmateriaal te versnipper, water by te voeg en te verseker dat behoorlike deurlugting plaasvind deur die mengsel gereeld om te draai. Wurms en swamme breek die materiaal verder af. Bakterieë wat suurstof benodig om te funksioneer (aerobiese bakterieë) en swamme beheer die chemiese proses waar die insette omgeskakel word na hitte, koolstofdioksied en ammonium. Die ammonium (NH4) is die  stikstof vorm wat deur plante gebruik word. Wanneer die beskikbare ammonium nie deur plante gebruik word nie, word dit verder deur bakterieë omgeskakel in nitrate (NO3) deur die proses van nitrifikasie.

Kompos is ryk aan voedingstowwe. Dit word gebruik in tuine, tuinuitleg, hortologie en landbou. Die kompos self is op baie maniere voordelig vir die grond: as 'n opknappingstof; 'n kunsmis; dit voeg belangrike humussuur by die grond en dien as 'n natuurlike plaagdoder. Kompos is nuttig in ekosisteme vir erosiebeheer; herwinning van grond; vleiland konstruksie en as bedekking vir stortingsterreine. Organiese bestanddele wat geskik is vir kompostering kan alternatiewelik gebruik word om biogas te genereer deur anaërobiese vertering.


Developed by StudentB